Tuesday 7 March 2017

100.5FM Radio Laeveld Local - Blue Torch

Onderhoud Detail:
Datum: 2017/03/06
Tyd: 8:00nm - 9:00nm
Program: Outyd tot Noutyd met Ludi

Blue Torch


Vinnige Feite

Persoonlike Informasie
Momento Fotografie, 100.5FM, Radio Laeveld, Blue Torch, Line of Sight, Laeveld Local, Outyd tot Noutyd met Ludi, Ludi
Foto Krediet: Momento Fotografie
Doop Naam: Hans Bronkhorst
Geboorte Datum: 31/12/1972
Plek van Oorsprong: Bloemfontein
Tuisdorp: Nelspruit
Stokpertjies:  Kook, Bike ry
Gunsteling Kleur:  Blou  
Troeteldier: Jack Russel   
Gunsteling Kos: My ma se kos en Portugese disse   

Verhoog Informasie
Verhoog Naam: Blue Torch
Genre: Blues/Rock, Country en Afrikaans
Skryf jy self of doen jy Covers: Albei
Aktiewe Jare: 10
Instrumente: Kitaar Ritme en Lead
Musikale Invloede: Al die Blues masters
Assosiasies: Alan Wicks, David Schutte, Line of Sight
                                                                                          
Professionele Informasie
Besprekings & Navrae: 0844309362 of hbronkhorst42@gmail.com
Plate Maatskappy: Geen

Webwerf & Sosiale Media:
Webwerf: N/A
Twitter: @BluetorchH
Facebook: Blue Torch @bluetorch007 en Line of Sight @lifeunbound
Youtube Kanaal:  N/A

Waar kom jy vandaan en hoe het jy hier ge-einding?
Musiek begin vir my eers in 1999 toe ek besluit om myself te leer speel. Ek het Blues vir die eerste keer gehoor in 2000 en ek kon nog nie ophou om daardeur geinspireer te word nie. Ek het vriende gemaak met Roy Visser van die “Built for Comfort Blues Band” wat my gehelp het om te verstaan waaroor die Blues gaan en hoe dit gespeel word. Tussen die Bloemfonteinse musikante het ek die beste raad en ondersteuning gekry om te groei as musikant. In 2009 vorm ek die Blue Torch Blues band maar word toe in 2010 verplaas Nelspruit toe. Ek is terug om saam met hulle op die Blerkas verhoog by die Vryfees op te tree. Ons doen ook 31 Maart 2017 'n show in Bloem saam met Albert Frost en Black Cat Bones by die Bloem Blues Sessions onder die naam Blueprint. My solo loopbaan begin in Nelspruit waar ek vir die eerste keer alleen voor mense moet optree en dit gebeur toe by Lions Pub in Witrivier.

Hoe het dit vir jou begin?
'n Liefde vir musiek is deur my Pa gekweek van n jong ouderdom af. Ek het eers op die ouderdom van 28 besef dat ek n talent vir die kitaar het.

Gunsteling musiek wat jy cover?
Al die Blues wat ek speel is spesiaal. Pink Floyd, Dire Straits, Stevie Ray Vaughn, BB King, Muddy Waters, John Lee Hooker, Gary Moore, Eric Clapton en The Band

As jy self skryf wat is jou huidige gunsteling liedjie?
Life Unbound

Vertel ons die storie agter die liedjie?
'n Whatsapp status wat lees ”Normal people are so weird” het my aan die dink gekry oor hoe meeste mense nie regtig 'n vry lewe ly nie. Ons moet soek vir die geleenthede om ons lewens en passie ten volle uit te leef.

Waar kan ons jou sien optree?
By meeste Nelspruit kuierplekke en hopelik so bietjie verder van die huis af die jaar.

Diskografie:
-
  
Diskografie:

-

Youtube:

No comments:

Post a Comment