Saturday 20 August 2016

Elvis se Seun

Elvis se Seun

Vinnige Feite
Doop Naam: 
Stefan Ludik (Elvis Jnr.) 
Die Rooi Mamba
De La Rey
Roxanne
Joanne
Lee-Ann
Verhoog Naam: Elvis se Seun
Geboorte Datum: Stefan Ludik - 25 Februarie 1978
Plek van Oorsprong: Ons plaas Genadeland, Aranos, Namibie
Genre: Boere Rock
Tuisdorp: 
Aktiewe Jare: 2013 - tans
Plate Maatskappy: Ons doen dit sommer self
Musikale Invloede: My pa, ou ruk en rol en boere musiek. Elvis Presley, Kitaar Kêrels, Boere Musiek
Instrumente: Kitaar en Blokfluit
Stokperdjies: Braai, Swem en Tuinbou
Gunsteling Kleur: Rooi
Het jy geweet: Wat?
Assosiasies: Stefan Ludik
Besprekings: by ons manager stefan.ludik@gmail.com
Navrae: stefan.ludik@gmail.com

Webwerf & Sosiale Media: 
Webwerf: http://www.elvisseseun.co.za/
Twitter: https://twitter.com/elvisseseun
Facebook: https://www.facebook.com/Elvisseseun

100.5FM Lowveld Link Top 20 Nommer 1 met 'n Ek mis jou
Kunstenaar:  Elvis se Seun
Lirieke: Stefan Ludik
Musiek: Stefan Ludik
Platemaatskappy: SAMRO
Weke op Nommer 1: 20/08/2016

Die legende leef voort...

Elvis mag dalk die gebou verlaat het, maar die gerugte oor sy misterieuse seun wat sy pa se kenmerkende stem en opwindende dansbewegings geërf het, wil maar net nie gaan lê nie...

Meer as dertig jaar na Elvis Presley se dood, daag ʼn splinternuwe Afrikaanse musiekgroep op wat dieselfde tipe musiek maak as die koning van ruk en rol, maar in Afrikaans. Is dit dalk waarlik Elvis se seun wat nou sy opwagting in Suid-Afrika maak?

Daar’s net een manier om uit te vind; gaan luister maar self na Elvis se Seun. Dis ook die naam van die opwindende nuwe groep wat oorspronklike Afrikaanse musiek maak met ʼn unieke klank en styl, wat hulle Boere Rock doop. Elvis se Seun is ʼn jong, energieke 4 - stuk groep, bestaande uit ʼn sanger, kitaarspeler en twee dansers.

Daar sal altyd plek wees vir tong - in - die - kies lirieke, prettige melodieë en opwindende vertonings en dis presies wat Elvis se Seun bied. Hulle musiek is ideaal vir lekker luister, kuier, dans en elke snit is oorspronklik en in Afrikaans. Dis musiek met ʼn polsende ritme wat jonk en oud sal vermaak.

Moenie net meegevoer word deur die musiek van Elvis se Seun nie; beleef hul energieke vertonings wat voete sal laat jeuk en lywe sal laat skud. Elvis het miskien die gebou verlaat, maar die legende leef voort in Elvis se Seun.

(Van Elvis se Seun se Facebook Bladsy)

Toekennings
NAMA 2014: 
> Best Album of the Year - Boere Rock
> Best Afrikaans - Wil jy in my arms le vanaand

Diskografie:
Boere Rock (2015)

Bronne:
http://www.elvisseseun.co.za/
https://www.facebook.com/Elvisseseun
https://twitter.com/elvisseseun
http://kyknet.dstv.com/2013/07/29/stefan-ludik-is-elvis-se-seun/
http://www.rooirose.co.za/elvis-krap-nie-in-stefan-se-slaai-nie/
https://soundcloud.com/elvisseseun
https://en.wikipedia.org/wiki/Stefan_Ludik
http://www.entertainment-online.co.za/elvisseseun.htm
https://www.reverbnation.com/elvisseseun

No comments:

Post a Comment