Monday 18 July 2016

Sorina

Sorina

Vinnige Feite
Doop Naam: Sorina Erasmus
Verhoog Naam: Flooze & Sorina
Geboorte Datum: 18 November
Plek van Oorsprong: Nylstroom
Genre: Afrikaans
Tuisdorp: Centurion
Aktiewe Jare: 2007 - tans
Plate Maatskappy: EMI, RMD & Universal Music
Musikale Invloede: 
Instrumente: 
Stokpertjies: Fliek
Gunsteling Kleur: Rooi
Assosiasies: 
Besprekings & Navrae: Braam Riekert - 0824588751

Webwerf & Sosiale Media: 
Webwerf: http://sorina.co.za/
Twitter: https://twitter.com/FloozeSorina
Facebook: https://www.facebook.com/Sorina-aka-Flooze-Fan-Page-124008684316336/

100.5FM Lowveld Link Top 20 Nommer 1 met Deure
Kunstenaar:  Sorina
Lirieke: Johan Oberholzer
Musiek: Johan Oberholzer
Platemaatskappy: Universal Music
Weke op Nommer 1: 25/06/2016

SY WORD AS EEN VAN SUID-AFRIKA SE SUPERCOOL A-LYS STERRE BESKOU… TOG DRA HAAR ALTER EGO DIE KROON AS DIE “KÔMMINSTE GIRL OPPIE TEEVEE”.
Sulke uiterstes is maar net ‘n paar van vele kontrasterende aspekte in hierdie multi-talentvolle kunstenaar se kraal.Dis FLOOZE versus SORINAZEFFER versus TREFFERGLITTER versus SKITTERWILLER versus STILLERSy is ‘n doodgewone maltrap-meisiekind wat groot geword het op ‘n plaas in die Naboomspruitse bosveld.  Na skool het sy haar regsgraad aan die Universiteit van Pretoria behaal waarna sy ook haar meestersgraad in kinderreg verwerf het. Sy het egter besluit om haar op die kunste toe te spits en het (helaas!) drama gaan swot by die eertydse Technikon Pretoria (deesdae TUT).

Sy sit met ‘n meestersgraad in die regte agter haar naam… tog speel sy haar sepie-rol as ‘n ongeslypte rowwe diamant só oortuigend dat ‘n mens soms wonder wie sy werklik eintlik is…
Welkom by die alter ego en preutse koekie se tweegeveg:
Haar vorige album “HOEZIT MY TJOMMA”, het goue status bereik en haar welbekende “Floozerayna” moves is so aansteeklik soos waterpokkies in Witbank. Maar met haar nuwe album “EK WATCH JOU”, is die groot vraag egter: WIÉ WATCH DIÉ RONDTE VIR WIÉ…
In hierdie album word die kontras tussen al die verskeie vlakke en fasette van haar God-geseënde talente en genade-gawes tot die uiterste aan die publiek bekend gestel . Die ondertoon van die album is ‘n samesnoering van emosies in die oortreffende trap – want hierdie keer lag ons dat die valstande rol, sing ons dat die kranse antwoord gee, dans ons soos kaalvoet-lovers in somerreën, leef ons asof die uurglas reeds leeggeloop het en helaas huil ons ook saam met almal wie langs die pad die stryd verloor het.
Sy het al die liedjies op die album self geskryf, en met die hulp van ‘n span ewe-kreatiewe vervaardigers, druk sy haar stempel behoorlik af as liedjieskrywer.
SORINA SE GROOTWORD JARE EN SWAARKRY TYE (VOOR DIE FLOOZE)
Gedurende haar eerste vryskutjaar as aktrise was sy dikwels mismoedig omdat min, of soms geen werk nie, haar kant toe gekom het. Uit pure radeloosheid skryf sy daardie jaar ‘n liedjie “en sit sommer ‘n wysie daarby”. En so ontdek sy ‘n verborge talent toe haar eerste liedjie by name “Plankevrees”, ‘n paar minute later gebore is. Sy skryf dit in 2004 vir ATKV se Crescendo liedjieskryf-wedstryd in, en dit dring deur tot die semi-finaal. Dit is toe dat sy pen op papier begin sit, skryf soos ‘n tikmasjien, en die daaropvolgende jaar eindig met ‘n plek in die finaal.
Die werkloosheid het egter steeds hard aan haar deur geklop, maar geduld en geloof het haar tydens dié moeilike jare laat aanhou glo dat sy eendag die vrugte van God se genade sal pluk, en ‘n paar jaar later is  haar CV beslis ‘n bewys daarvan. Op haar kerfstok is immers nie net televisie-werk nie; sy het haarself ook as ’n professionele aktrise in die teater gevestig met verhoogstukke/kabarette soos Swartskaap (saam onder andere Dawid Minnaar), Haar Hare (met Karen Wessels, Lindie Stander, Bertha le Roux en Alexa Strachan), Leunverklikker (met Tobie Cronje as regisseur), Assie Kluite Klop (met Sandra Prinsloo as regisseur en Christa Steyn as musikale regisseur), en ’n KKNK hooffees produksie – Ons wil lewe; Ons gaan sterwe (wat sy in 2008 self geskryf, én die regie behartig het).
Deur die jare van televisie en teater het sy egter haar talent as kreatiewe liedjieskrywer verder ontgin en in 2007 is negentien “siel-songs” vasgevang in haar eerste onafhanklike CD getiteld “ENGEL MET ’N  ANGEL”. Vandaar is die “sing-ding” egter aan die rol gesit, en sedertdien is daar geen keer aan hierdie go-getter tjomma nie.
Tog, ten spyte van al die sukses wat sy al bereik het, bly haar lewensleuse steeds die eenvoudige dog treffende woorde van Koos du Plessis: “Wat ek is, is net genade. Wat ek het, is net geleen”; en gaan al die eer aan haar HERE GOD.
(Van haar webwerf getrek)
Diskografie:
Engel met 'n Angel (2007)
Hoezit my Tjomma (2009)
Ek watch jou (2011)
Hoofletters (2015)

Filmografie:

7de Laan
Dryfsand

Toekennings:

Huisgenoot Tempo (2012) Beste Komedie Album
Huisgenoot Tempo (2013) Sepie Aktriese van die jaar
Ghoema Toekenning (2012) Beste Komedie Album 
Vonk Toekenning

Bronne:
http://sorina.co.za/
https://www.facebook.com/Sorina-aka-Flooze-Fan-Page-124008684316336/
https://af.wikipedia.org/wiki/Sorina_Erasmus
https://en.wikipedia.org/wiki/Ghoema_Music_Awards

No comments:

Post a Comment